Doornkraal de Rust
doornkraal
stories gallery
venue
Doornkraal photo Doornkraal photo Doornkraal photo
Werf Storie
Boerbone

Na die wintertuin se karige offerhande begin 'n mens verlang na die somertuin se oordaad: rooiryp tamaties van die bos af, 'n lekker kooksel vars groenbone, of 'n eiervrug of twee. Maar terwyl jou somerverlange soos 'n ongevraagde belustigheid gegroei het, het 'n ewe ongevraagde lekkerte skielik in die vroeë lente uitgedy: boerbone.

Dié lentegeskenk is onbekend en onbemind, maar in dieselfde smaakliga as aspersies, ertjies en preie.

Read more

Welcome to Doornkraal

Doornkraal, die Le Rouxs van De Rust se familieplaas, is internasionaal bekend as versamelpunt van interessante mense, aangetrek deur die weergalose gasvryheid, die verruklike etes, en die heerlikste stories wat om die groot geelhouttafel in die eetkamer vertel word. Maar dis ook ‘n lewenswyse: Wakker word in ‘n paradys van klapperbos en witkruisarende, heel dag stoei met moedswillige elemente en dankbare grond, en saans uitspan onder die Karoohemel se skatkamer.

Dié lewenswyse het ‘n lang geskiedenis: Grootoupa PM het die plaas in die 1880’s uitgelê en dit genoem na die doringtakkrale van die veepos wat dit was. Kort ná die vestiging van die plaas is reeds ‘n lappie wingerd aangeplant, aanvanklik vir brandewyn en later vir wyn. In 1914 het oupa Gert die binnewerke van die volstruispaleis teen die heuwel uit ‘n katalogus van Brittanje bestel en dit laat bou, ‘n skrale drie jaar voor die ‘val van die vere’.

Dis die wyn, ge-oes van die wingerde wat groei in die klipperige grond teen die randjies, wat die plaas aanvanklik beroemd gemaak het. Maar soos enige boer in die Klein Karoo weet, kan jy nie al jou eiers in een volstruisnes hou nie. In die donker, geil grond teen die rivier groei lusern, groentesaad en weidings vir die skape, beeste, varke en perde. (Daar’s mense wat sê dat Swepie ook boer met kinders, maar hy hou vol dat sewe skaars ‘n begin is.)

Ons nooi jou uit om deel te word van die wonderlike verhaal van Doornkraal. Op hierdie webwerf sê ons jou hoe.

At Doornkraal, enfolded by the foothills of the Swartberge, we’ve been making wine since the late 1800’s. This is what the farm has become famous for, but we also cultivate lucern, vegetable seed and pastures for sheep, cattle, pigs and horses.

The farm is also renowned for its peerless hospitality, legendary entertaining and its incomparible way of life. Celia, one of the seven Le Roux children, currently devotes her boundless energies to nurturing the farm. And would like you to share in the wonderful story of Doornkraal. In these pages you can find out how.

Recipe of the Month
Skoenlapperpasta met boerbone

Porsies: 4 - 6
Werkstyd: 20 minute
Aanwysing: Maklik

Boerbone is van die eerste Lente-groente wat 'n mens kan oes uit jou tuin. Dit is eintlik 'n ert en dus lief vir die koeligheid van die winter. Saai boerbone van einde Maart tot laat winter op 'n sonnige plek.

Download full recipe
Doornkraal Padstal