Doornkraal, die Le Roux’s van De Rust se familieplaas ????????????, is bekend as ’n bymekaarkomplek vir interessante mense, aangetrek deur die ongeëwenaarde gasvryheid, die heerlike etes, en die heerlikste stories wat om die groot geelhouttafel in die eetkamer vertel word. Ons maak sedert die laat 1800’s wyn en ‘n verskeidenheid heerlike plaasgeproduseerde lekkernye. Ons Padstal is ‘n verlengstuk van daardie bekende Klein Karoo-gasvryheid, met blatjang, konfyte, vars vrugte, heuning en ‘n unieke verskeidenheid Klein Karoo-lekkernye soos gerookte pampoenpitte, sousbone, groenvykonfyte, sjokolade en amandellekkernye! Maak ‘n volstruiseier bymekaar of vir die heel dapperes, proe dalk ons ​​kwaaimansous!
Die Doornkraal Padstal is die kenmerkende Plaasstalletjie met Klein Karoo-wyne, brandewyne, port en jenewer. Klein Karoo Lamsvleis, droëvrugte, geskenke, konfyte, kuns en die perfekte plek vir ‘n vinnige happie op pad en goeie koffie.
Maak ‘n draai hierdie naweek … sluit by Swepie Le Roux aan vir ‘n heildronk op die outentieke plaaslewe.

Oud-polisieman, Gerrit ‘Durps’ du Preez is al vir baie jare by die Doornkraal-span en is net ‘n onskatbare deel van die werking van Doornkraal. Vir Durps is niks te veel nie, en niks gebeur sonder ‘n glimlag nie! Durps spandeer sy dae om die plaasprodukte (soos hierdie pragtige plaasblomme) na die Padstal en die dorp te kry! Of dit nou vrugte, groente, heerlike bederfies, gebottelde lekkernye of enigiets anders is, Durps sal verseker dat dit vir jou in die winkel beskikbaar is!

Written by: Sharon, Klaarstroom Guest House

The open-hearted, big-spirited, even-tempered horses we introduce riders to at Klein Karoo Horse Adventures belong to the uniquely South African “Cape Horse” breed. They represent generations of hardy stock that have withstood the challenges of living at the Southern tip of Africa and triumphed to thrive and be a worthy representative of this rugged and giving territory.

Hennie Ahlers, a great mentor in our horse breeding endeavours has shared the following fascinating background to this remarkable breed:

There are no truly indigenous horses in Africa south of the equator. The first horses to arrive in South Africa were brought to the Cape in sailing vessels by the Dutch East India Company from Java in 1653. That was at the urgent request of Jan van Riebeeck, the founder of the first permanent European settlement on the sub-continent in 1652. Van Riebeeck had hoped to get strong draught horses from Holland. Instead he received “Javanese ponies” who were, as has been established later, of Mongolian crossed with Persian origin. These horses were grazed on the open veld without supplemental feeding and had to escape becoming food for prey animals. In this way, only the toughest triumphed.

Later, this horse stock was supplemented by importing a few Persian Arabs in 1689. By circa 1750 it is estimated that there were approximately 6000 horses at the Cape. From these humble origins, with the later addition of South American stock in 1778, North American in 1792 and Spanish Barbs in 1807, the horse population in South Africa was increasingly seen as a definable breed, loosely called the Cape Horse. Lord Charles Somerset, who was governor of the Cape from 1814 to 1826, imported a number of English Thoroughbred horses and promoted the use of these stallions to raise the standard of the Cape Horse and particularly to increase its body size. After this infusion of “new blood”, the Cape Horse went from strength to strength.

The Basutho Pony developed from Cape Horses that were traded or taken as loot in skirmishes in the early to mid-1800s. In the extremes of high mountain terrain, grazing and weather conditions, these ponies were further tested for their tenacity and endurance.

At around the same time, the Cape Horse gained international recognition as a cavalry mount when the British government started exporting Cape Horses to its global imperial network:   India, Australia, and the Middle East. It is said that the famous Charge of the Light Brigade in the Crimean War in 1854 was carried out on Cape Horses. However, it was during the Great Trek (1835 – 1840), on the mountain footpaths of Lesotho and in the three years of the South African War (Anglo-Boer War) from 1899 – 1902 that the mettle of these horses was really tested and brilliantly displayed, especially when compared to the often miserable performance of the hundreds of thousands of horses imported by the British army from different parts of the world in the South African War. In a thorough review of the veterinary aspects, carried out by a commission after the war, it was concluded that the Cape Horses (labelled Boer Horses by the English officers) and the Basutho Ponies (also a descendant of the Cape Horse) were far superior in their performance in the harsh field conditions encountered in the conflict.

The Cape Horses were able to take their riders up to 50 miles (80km) a day whereas the British mounts were averaging barely 30 miles a day. Soon the British army realised that their horseflesh was no match for the more agile Cape Horses that were so uniquely adapted to the terrain of the war. They went on to purchase more than 50 000 horses in Basutholand and the Cape in order to match their enemies’ capabilities.

Unfortunately, the South African War, and especially the destructive scorched earth policy adopted by the imperial forces, nearly sounded the death knell for the Cape Horse. Thousands of horses perished and breeding farms were devastated. Especially brood mares and foals were eliminated as they were the horses left unprotected on the farms with the women and children. There are many stories of horses escaping and finding shelter in kloofs and gorges, sometimes on their own and sometimes with the help of grooms. Approximately 500 000 horses and mules were killed in the war. 100 000 of these had belonged to farmers. The Cape Horse was nearly exterminated.

Here and there, nucleus populations remained. From the middle of the 20th Century, the Nooitgedachter Horse breed (representing the erstwhile Basutho Pony) and the S.A. Boerperd were developed as separate breeds. Both these breeds can be seen as descendants of the Cape Horse. The name “Cape Horse” was replaced by other names, mainly Boerperd.

The present-day Cape Horse is again carving a niche for itself in the equine world in South Africa. Although they are not bred to compete with the specialised strains in the disciplines of racing, show jumping, dressage and driving, they make excellent pleasure riding horses for children and adults alike and they have excelled in endurance riding. An excellent example is Handel, who, in bare feet, won under his junior rider over 200km at Fauresmith in 2010. The great qualities of the erstwhile Cape Horses are again evident in these individuals. They are hardy, tough and full of substance with good legs, oblique shoulders and short back, a finely chiselled head with a straight profile and large eyes, placed wide apart. They make comfortable rides, are honest, they make good friends and they are living monuments to the famous Cape Horse who made such significant contributions to the development of the country and its peoples.

Here at Klein Karoo Horse Adventures, we are committed to building up and improving, the breeding stock of this special horse. It is also our privilege to introduce riders of all skill levels to the experience of riding a uniquely South African horse, with all the advantages that offer, apart from contributing to the living history of the inter-reliance of man and horse in our landscape. Join us and become part of the adventure!

Sources:

DR PJ Schreuder: The Cape Horse

DR FJ van der Merwe: Perde van die Anglo-Boereoorlog

DR Kobus du Toit: Boerperd

Die Geskiedenis van die SA Boerperd

Planting Spring Onions for seed production on Doornkraal in the Klein Karoo. ????
These Spring Onions will be harvested in October! In this part of the world, we are blessed with a beautiful climate and soil. Internationally, the Klein Karoo is recognized as an important vegetable seed production area.
From cozy farm cottage accommodation, horseback safaris and the finest wines the Klein Karoo has to offer, to an array of yummy goodies at our authentic Padstal, Doornkraal is your escape to the farm life.

As daar één vrug is wat die hartsverlange van die najaar met sy geur vasvang en herinneringe van vergete tye oproep, is dit ‘n kweper. Die afgeskeepte niggie van Appel en Peer.  Met haar pragtige, rosige bloeisels, knoetsige stam en grysgroen blare is hierdie donsbedekte goue vrug onbekend en ongeliefd by baie.  Kyk, moenie jou om die bos laat lei deur dié niggie nie:  sy is glad nie voor op die wa soos Appel en Peer nie en dit vra heelwat werk en liefderyke aanpor om haar tot haar reg te laat kom.

Baie mense het geen idee wat ‘n kweper is as hulle dit die eerste keer teekom nie.  En nog minder mense dra kennis van hoe om die vrug te gebruik.  Kweper is die Bybelse tydgenoot van granate, vye en olywe, al word dit nie soos die ander drie in die Bybel genoem nie.  Volgens oorlewering was dit ‘n kweper waarvoor Eva geval het in die Tuin van Eden en nie ‘n appel nie. En hoe verleidelik ís die reuk van ‘n ryp kweper nie!

Van verleiding gepraat: As jong vrou was my ma se hartsbegeerte dat my pa vir haar ‘n Bybelse tuin aanlê, met Mediterreense vrugte.  Oor my ma ‘n begeerte gehad het na olywe en kwepers, maar ook omdat sy ‘n meester van die Lang Plan was.  Wat klaarblyklik besef het dat ledigheid die duiwel se oorkussing is – en dat ‘n man met ‘n moë lyf en seer rug nie so vatbaar is verleiding nie.  Ma is reeds die Ewige Rus in, maar steeds ywer Pa aan die olyfoes en kweperoes, en die verwerking daarvan.  Lang plan inderdaad.

Cydonia oblonga is inheems aan die groter Midde-Ooste en groei in klipperige berghange en aan die soom van woude.  Die kweper was bekend aan die Akkadiërs en die koninkryk van Akkad word wel in die Bybel genoem.  My punt is dat kwepers dalk wel in die Bybel genoem word, maar nie by die naam kwepers nie.  Dink maar aan die mooi verse in Spreuke en Hooglied – dis is mos nie moontlik dat die skrywer na Oumatjie Smit verwys het nie!

Die eetkweper is familie van die blomkweper en die Chinese kweper, vandaar dat hulle blomme se vorm ooreenkom.  Die kwepervrug se vorm verskil van kultivar tot kultivar – van appelvorming tot peervormig – vandaar dat die Nederlanders dit ‘n kweepeer of kweeappel noem, of gesamentlik die kweeërs en die boom waaraan dit groei, ‘n kweeboom.  Maar dit daar gelaat.

Kwepers kan oud word – ouer as die meeste mense – dit is dus goed om ‘n kweperboom met die nodige ontsag te behandel as jy haar teekom.  Die beste kweper vir inmaak en jellie, is Cape Selected, wat ‘n wit, romerige vleis het en ‘n hoë pektiengehalte. Volgens Leipoldt is die kulivar Borrie, (‘n borriekweper, Dude…) waarvan die vleis geel en smaak baie aromaties is, die beste geskik vir bredies.  Die beste kweper vir nageregte is Orange[1]. Maar alle voorspoed om hierdie erfeniskultivars te probeer opspoor.

Soos gesê ruik kwepers lieflik lekker en hulle lyk aanloklik, maar jy pluk nie maklik ‘n kweper van die boom af en eet haar daar en dan op dat die sop oor jou ken loop nie.  ‘n Droë kultivar staan ook as ‘n wurgkweper bekend (Afrikaans, Afrikaans die taal van my hart…).  Nee – veel meer subtiel moet jy te werk gaan.  Dit is wel een van die min vrugte wat jy vars kan eet met ‘n strooiseltjie sout daaroor.. En is dit nie eenvoudig detailbeplanning bokant ons begrip en verstand dat kwepers in die herfs ryp word wanneer die behoefte aan bredies en ander gestoofde geregte ewe skielik in jou binneste begin roer  nie?  En nog steeds is daar bysiendes wat nie glo in ‘n Hoër Hand nie.

Kweper is ‘n veelsydige vrug en is dankbaar om in vleisgeregte, soet terte, souse en blatjangs en allerhande lekkernye gebruik te word. Kweper is heerlik in ‘n lamsbredie en ewe lekker op sy eie gestoof met ‘n stukkie kaneelstok of steranys.  Kweper se skil word dun en sag met gaarmaak, anders as appels en pere, en die vleis verander van ‘n roomkleur of ligroos na ‘n diep robynrooi kleur hoe langer dit gekook word.  As kwepers dus in seisoen is, moet jy inspring.  Vars kwepers vries verbasend goed vir ‘n maand of drie:  skil die vrugte, sny in wîe, verwyder die stronke en doop in vars water waarby ‘n goeie skoot suurlemoensap gevoeg is.  Of, was die vrugte goed, sny in die helfte en vries net so.

‘n Omvattende versameling resepte vir kwepergeregte is te vinde by Errieda du Toit se blog, Huiskok[2].  Die resepte wat hier verskyn is vir suiwer, onvervalsde kwepers wat jy gerus kan probeer om jou kweperlus te stil.

Gestoofde kwepers

Doodeenvoudig en lekker om te eet saam met vark- of wildsvleis.  ‘n Paar skyfies teen drieuur smiddags as jy flou voel, smaak vorentoe en verrig wondere.  Bottel terwyl dit kokend warm is in gesteriliseerde flesse en verseël vir latere gebruik.

  • 4 – 5 kwepers
  • 1 k suiker
  • 2 k water
  • Lekker stukkie gedroogde nartjieskil of 2 e afgerasperde lemoenskil
  • 2 stukkies kaneelstok
  • 4 naeltjies

Was die kwepers af en sny in skywe.  Verwyder die klokhuise, maar voeg ‘n paar kweperpitte by die skywe vir ‘n dieper kleur.  As jy wil, kan jy die kweper skil, maar dit is ekstra werk.  Voeg die ander bestanddele by en stowe stadig tot sag met ‘n dikkerige stropie.

Gebakte kwepers

Ma het graag kwepers in die Aga-stoof gebak – lank en rustig – sodat die hele huis naderhand na kwepers geruik het.  Dis so maklik soos val uit ‘n kweperboom uit:

  • 4 – 5 groot kwepers, skoongewas en oorlangs in die helfte deurgesny en elke helfte in vingerdik-skywe.
  • Stukkie kaneelstok of steranys
  • 2 k water
  • ¾ – 1 k suiker

Pak die opgesnyde helftes met die velkant na bo in ’n kastrol. Sit ’n stukkie kaneelstok of steranys in die kastrol en gooi die water by. Strooi nou die suiker oor, sit die deksel op en stowe 1 – 1½ uur sag in ’n oond (160 °C).  Eintlik hoe langer, hoe mooier word die kleur.  ‘n Bietjie suurlemoensap daarby kan ook nie kwaad doen nie.

Kweperkaas

Kweperkaas is ‘n veelsydige en heerlik om te eet saam met kaas, op soutbeskuitjies, op roosterbrood of in ‘n toebroodjie of as jy lus het vir ‘n soetigheidjie.  Dit kan selfs gebruik word as vulsel in konfyttertjies.

  • 1 kg kwepers (gewig ná voorbereiding)
  • 3 ½ k suiker
  • 2 e suurlemoensap
  • 1 k water

Was die kwepers, skil hulle en sny die klokhuis (stronk) uit en sny op in 1.5 cm blokke. Weeg die kwepers af. Plaas al die bestanddele in ‘n swaarboomkastrol en verhit oor medium hitte en roer totdat die suiker gesmelt is.  Prut oor lae hitte en roer af en toe totdat ‘n die mengsel ‘n  temperatuur van 105 grade C bereik. Dit sal ‘n uur of meer neem en die kwepers sal ‘n mooi robynrooi kleur aanneem.

Smeer ‘n langwerpige of vierkantige glasbak van so 20 cm x 20 cm.  Puree die kwepermengsel in die kastrol met ‘n handpureerder tot glad.  Gooi die warm mengsel  in die glasbak en maak glad bo-op.  Laat afkoel tot kamertemperatuur en bedek dan met plastiekfilm.  Verkoel die kweperkaas tot dit ferm is dop uit die glasbak.  Plaas die blok op ‘n plat sif (soos ‘n afkoelrakkie) bo-op ‘n oopgesnyde plastieksak en laat vir so vir 10 – 14 dae verder droog word op ‘n koel, droë plek.  Draai die blok elke dag om.  Sny in kleiner blokke en draai indiwidueel toe in plastiek, of sny in lekkergoedblokkies en rol die blokkies in strooisuiker voordat dit lugdig verpak word.

[1] Eve Palmer, Return to Camdeboo – lees dit sommer weer vir die lekkerte

[2] https://huiskok.com/2014/06/25/kwepers-vir-die-groot-onthou/

Doornkraal, hier in die Klein Karoo naby De Rust, is ‘n plek waar die vye nog rerig soet is. Ons klimaat is meditereens en vye is reeds een van die oeste van die Beloofde Land waarvan in die Bybel geskryf is.

‘n Vyeboom kan geslagte kinders grootmaak. Ons het drie of vier reusebome gehad, waarvan die stamme so dik was dat ‘n kind maklik daaragter kon wegkruip, en takke waarin jy kon verdwaal.

Vyebome word maklik van steggies gekweek wat jy moet neem voor die bome begin bot. Dié bome dra altyd vroeër as
bome wat van saad gekweek is.

Vye dra altyd aan nuwe lote en dan gewoonlik twee dragte vyes voorvye en navye. Die voorvye word gebruik om groenvyekonfyt te kook en Op De Rust glo ons dat dit gedoen moet word voor die middel van Oktober, Want anders word die vye te groot. Dit verskil natuurlik van vy tot vy en ook van jaar tot jaar, maar die vytjies moet al begin Swel, hoewel daar nog nie ‘n holte binne-in moet wees wanneer jy dit deursny nie. Van navye, wat in Januarie en Februarie ryp raak die eintlike die eintlike eetvye kan jy rypvyekonfyt kook. Witvye kook die beste groenvyekonfyt.

Groenvyekonfyt

Die maak van groenvyekonfyt is ‘n eg Suid-Afrikaanse gebruik en word met die eerste vye in die lente gemaak. Om die een of ander onverklaarbare rede is dit net nie so suksesvol as dit van navye gekook word nie. Nou weet ek Paitz sê sy ma sê jy kan, maar ek weet darem nie so lekker nie … Jou vye moet al mooi geswel wees, maar nog nie ‘n holte binne gemaak het nie. Pluk hulle met ‘n stingeltjie aan, weeg die vye en was af. Nou skraap jy die stingeltjie skoon – ek gebruik sommer ‘n aartappelskiller. Maak met ‘n skerp messie ‘n diep maar smal kruis aan die blomkant van die vy, en rasper elke vytjie se skil lig-gies maar sorgvuldig af om te keer dat die skil dik en taai kook. (Vye is genadige vrugte en as jy nie kans sien vir die rasper nie, kan jy hulle net so gebruik.) Skryf die gewig van die vrugte wat jy het neer, want dit gaan eers oornag week in kalkwater (25 ml gebluste kalk per 5 liter water) of koeksodawater (45 ml koeksoda per 5 liter water). Sit ‘n bord met ‘n gewig bo-op die vye om hulle onder die water te hou.

Die doel hiervan is om die vrugte bros te maak en te help om die groen kleur nie in die kookproses te verloor nie. Dreineer die vye die volgende dag, spoel goed af en kook dit sag in water. Dit is sag wanneer jy ‘n vuurhoutjie in die vrug kan indruk. Moenie dit te sag kook nie, dan sal die vye nie hul vorm behou wanneer jy hulle bottel nie. Haal die vye uit die water en sit dit eenkant.

Maak nou ‘n stroop van ‘n koppie suiker vir elke koppie water waarin die vrugte gekook het. Gooi ‘n paar vyeblare saam in die stroop vir ‘n lekker vyegeur. Bring dit tot kookpunt en plaas die vye versigtig terug. Kook tot die vye deurskynend en blink is en die stroop dik. Dit neem ‘n goeie uur en ‘n half. Pak die vrugte in warm, gesteriliseerde flesse en gooi die kokende stroop oor, ná jy dit gesif het om dit mooi helder te hou. Pak die flesse in ‘n vensterbank en verwonder jou.

As jy nie die tyd of vars groenvytjies gehad het in die Lente nie, wees gerus, want by Doornkraal Padstal het ons jou ingedagte gehad toe die vye begin swel het!

 

 

Die oorspronklike resep kom van Arina du Plessis van Landbouweekblad af. Hier is ons weergawe. Baie dankie Arina!
Kors:
  • 120 g botter
  • 200 g bruismeel
  • 30 ml suiker
  • ½ t sout
  • 1 eiergeel
  • 45 – 60 ml yswater
  • 45 – 60 ml vyestroop
Smeer ‘n losboom-tertbord van 30 cm. Tol die botter en droë bestanddele in ‘n voedselverwerker tot krummelrig en gemeng. Voeg die eiergeel by en bietjies soutwater totdat ‘n deegbol vorm. Rol uit en voer die tertbord uit. Verf die kante en bodem van die deeg met die vyestroop, prik die bodem en verkoel vir 30 minute of langer.
Vulsel:
  • 100 g gerasperde gouda
  • 250 g roomkaas
  • 30 g botter
  • 60 ml suiker
  • 2 eiers, geskei
  • 30 ml room
  • 30 ml bruismeel
  • 250 ml groenvye (6 of 7, afhangend van hul grootte), elk in 4 skywe gesny
Verhit die oond en 180 grade.
Klop die kase saam. Verroom die botter met die helfte van die suiker, die eiergele en room en meng met die kaasmengsel. Roer die bruismeel by.
Klits die eierwitte styf en voeg ‘n knip sout en die res van die suiker by. Klits tot gemeng. Vou by die vulsel in.
Skep in die kors en rangskik die vyeskywe bo-op. Bak vir 20 minute. Verlaag die temperatuur na 160 grade en bak vir nog 15 minute tot goudbruin.
Sit teen kamertemperatuur voor vir ‘n nagereg wat beide die Soeters en Stouterds sal verras!

Pampoene is die herfskroon op lente- en somerarbeid. En wat ‘n goue, welverdiende kroon is dit nie, veral as jy gelukkig genoeg is om ‘n Delicapampoen in die hande te kry. Want hierdie klein, stewige knapie is, soos jy sal ontdek, geen gewone pampoen nie. Op Doornkraal, naby De Rust in die Klein Karoo, kweek ons dié juweel nou al vir ‘n jaar of drie. En omdat ons weet dat die skil ook heerlik smaak, word dit organies gekweek. Soos dit met die meeste uitsoekprodukte gaan, word die grootste deel van ons oes egter uitgevoer. Die Italianers, veral dié uit die streke Piedmont en die Veneto vir wie gnocchi (daardie verruklike klein kluitjies van aartappel, meel of in hierdie geval pampoen) ‘n stapelgereg is, is hierdie die gesogste pampoen.

Pampoene is geliefd onder al ons mense en in die meeste tuine sal ‘n pampoenstoel ‘n plekkie kry . Die Delicapampoen is egter redelik onbekend in Suid-Afrika en nie algemeen beskikbaar nie – beslis nie by die groot koskettingwinkels nie. Bietjie meer dus:

OORSPONG & TIPE: Delica is ‘n Japannese skorsie en ‘n F1-hibried van die Kabocha-tipe, op Engels bekend as Kabocha squash.

VOORKOMS: Die pampoentjies is rond, effens plat en kompak, effens gerib, met ‘n growwerige voorkoms, ryk donkergroen skil met ligter vlekke. Soms is daar ‘n paar vratte net om ydelheid te vermy. Die semi-harde skil wat ten volle eetbaar is, steek pragtig af by die diep oranje-geel vleis. Gewoonlik weeg hulle tussen 1kg en 3.5 kg – ideaal vir ‘n gesin.

Na hulle gepluk is, gedurende opberging, word die pampoen ryp: die skil verander van groen na groenbruin en die geur word meer gekonsentreer. Delicapampoen se vleis het ‘n fyn, digte tekstuur en is besonder geurig en soet met ‘n neutagtigheid aan die smaak. Gaargemaak, het dit ‘n sagte romerige tekstuur wat herinner aan kastaiings.

STOORVERMOË HEEL VRUG: Heel, vars, onbeskadigde pampoene kan maklik tot 5 maande in ‘n koel, droë, donker plek gestoor word.

STOORVERMOË VERWERKTE VRUG: Gesnyde Delicapampoen is geduldig en hou langer in die yskas as ander pampoene, waarskynlik omdat dit minder vog
bevat. Vir tuisgebruik kan klaargesnyde, rou pampoen gevries word vir ‘n paar maande en gebruik word in bredies en sop. Gekookte pampoenmoes vries ook uistekend.

KULINÊRE WAARDE: Die Delicapampoen is wêreldwyd gesog vir sy veelsydigheid, omdat die hele pampoen eetbaar is: pens en pootjies. Dit kan gerooster, gestoom, gebak, gebraai word – net soos die gees jou lei. Die vleis hou sy vorm redelik goed en die natuurlike suikers daarin karamelliseer tot iets verruklik lekker. Die pampoen gee nie om vir sout of soet behandeling nie en kombineer ook goed met verskillende kase – parmesaan, ricotta, gorgonzola. Dit werk dus uitstekend as vulsel vir ravioli, lasagne, pampoentert, pampoenkoekies, pampoenpasteitjies, maar gee ook nie om vir ‘n romerige risotto nie. Dit hou van kruie soos roosmaryn, salie en tiemie en omhels warm speserye soos kaneel, gemmer en neutmuskaat.

Dit maak ‘n fluweelagtige pampoensop – sonder hulp van ander bestanddele en sal selfs ‘n hand gee by fynkonfyt. Dit maak smullekker bredies en kerries of as eenvoud jou aantrek: eenvoudig geroosterde pampoenskywe. Heerlik!

VOEDINGSWAARDE : Delica Pampoene is ryk aan beta-karoteen, ‘n oranje pigment wat hoog is in antioksidante wat anti-inflammatoriese eienskappe het. Dit is verder ‘n goeie bron van minerale soos koper, kalsium, kalium, natrium, magnesium, fosfor, yster en sink en bevat en klein hoeveelhede vitamiene soos vitamien B, C en E.

RESEPTE:

GEROOSTERDE PAMPOENSKYWE
Dit is van hierdie oondgebakte pampoen wat iemand opgemerk het: Dit smaak lekkerder as ‘n Bar-One!
Was die stof van die pampoen af en sny in skywe. Omdat die vleis so dig is, het ‘n mens nogal ‘n sterk arm nodig hiervoor. As jy die hele pampoen in die mikrogolfoond kook teen die hoogste verstelling vir so 2-3 minute, word jou taak heelwat makliker. Dit is nie nodig om te skil nie, omdat die skil eetbaar is.

Rangskik die skywe op ‘n bakplaat wat gevoer is met bakpapier of gesmeer is met ‘n bietjie olyfolie. Drup dan olyfolie en/of ‘n bietjie gesmelte botter oor die skywe en bak net so met die skil by 180 grade C tot sag. Jy kan die skywe verder optof as jy wil met kaneel, of salieblare in botter gebraai of roosmaryn en knoffel, maar probeer dit eers net so in sy eenvoud. Die pitte is ook eetbaar en kan gerooster word saam met die pampoen. Hou hulle egter dop in die oond, want as hulle te ver bak, smaak hulle bitter en onaangenaam.

PAMPOENSOP
Dié resep van Roger Vergé is aangepas vir Doornkraal se Delica. Die tekstuur van dié sop is soos ‘n sagte liefkosing, die smaak soet, die kleur sag – ‘n egte lekkerny. Met hierdie sop skep jy huiskosherinneringe. Vir 4 mense.

  • 1 groot gekapte ui
  • ‘n Delicapampoen van 1 kg, geskil en in blokke gesny
  • 2 e olyfolie
  • 1 k melk
  • Sout en varsgemaalde peper
  • Om te bedien: 4 dik snye vars plaasbrood, gerooster

Braai die uie sagkens in die olyfolie tot goudkleuring in ‘n swaar pot. Voeg die pampoen by en roer deur en braai vir nog 5 minute terwyl jy af en toe roer om te keer dat dit aanbrand. Gooi die melk by en genoeg water net om die stukke te bedek. Jy kan altyd later verdun indien nodig. Kook tot sag oor ‘n lae vlam en maak fyn met ‘n staafpureerder of voedselverwerker. As jy ryk voel, kan jy 20 ml botter deur die sop roer of ‘n bietjie room bo-oor drup.

PAMPOENMOES
Sny ‘n Delicapampoen in skywe, haal die pitte en vesels in die holtes uit en skil af. Sny op in blokke en sit in ‘n kastrol met ‘n klein bietjie water. ‘n Stukkie kaneelstok of paar kardamonpeule kan bygevoeg word indien verkies. Kook stadig oor lae hitte tot die stukke sag is. Dreineer en laat staan in ‘n vergiettes of sif om af te koel. Haal die speserystukke uit en druk die vleis fyn.

PAMPOENKOEKIES
‘n Ou, ou gunsteling waarvoor Delicapampoen uitermate geskik is. 4 porsies.

  • 2 k pampoenmoes afgekoel tot kamertemperatuur
  • 2 eiers
  • Sout
  • ¾ k meel
  • 1 e bakpoeier
  • Olie vir braai

Klits die eiers liggies en meng met die pampoenmoes. Meng al die ander bestanddele by en laat die beslag staan vir ten minste ‘n halfuur. Braai in vlak olie tot bruin aan weerskante en dreineer op kombuispapier. Bedien met kaneelsuiker en ‘n paar druppels vars suurlemoensap

PAMPOENBROOD
Hier is twee resepte: vir ‘n soet, vinnige broodjie vir tee en vir ‘n plat pampoenbrood gebaseer op die Madeireense Bolo do Caco, letterlik afgebreekte stuk (klip)koek, n.a.v. die plat klip waarop dié soort brood oorspronklik gebak is. Ons sou dit seker hier te lande kon verstaan as ‘n pampoen-askoek in ‘n pan gaargemaak!

PAMPOENBROODJIE
Oorskiet pampoenmoes kan goed ingespan word hiervoor. Genoeg vir een groterige broodjie.

  • ¾ k suiker
  • ½ k olyfolie
  • 2 eiers
  • 1 ½ k pampoenmoes
  • ¾ k koekmeel
  • ¾ k volkoringmeel
  • ½ t fyn naeltjies
  • ½ t fyn kaneel
  • ¼ t gerasperde neut
  • Knip sout
  • ½ t koeksoda
  • ¼ t bakpoeier
  • ½ koppie gekapte okkerneute

Verhit die oond tot 180 grade C. Smeer ‘n broodpannetjie van 23 cm en voer die bodem uit met bakpapier.
Klits die suiker en olyfolie tot gemeng en voeg eiers en pampoenpuree by. Meng die res van die bestanddele saam en vou dan deur die pampoenmengsel tot net gemeng. Laat die beslag rus vir 20 minute. Skep in voorbereide pannetjie en strooi ‘n handjievol pampoenpitte oor as jy lus het. Bak tot gaar en tot ‘n toetspennetjie in die middel van die broodjie ingedruk, skoon uitkom. Seker so 50 – 60 minute. Laat bietjie afkoel in die pan voordat dit uitgekeer word.

PAMPOEN BOLO DO CACO

  • 250 gr pampoenmoes
  • 500 gr witbroodmeel
  • ¼ kop olyfolie
  • 1 pakkie gis (10g)
  • 1 ½ t sout
  • 1 t suiker
  • ¼ kop water – afhangend van hoe waterig die pampoenmoes is
  • 5 salieblare gebraai in 1 e botter

Knie al die bestanddele saam tot ‘n effens klewerige deeg. Sit die deeg in ‘n gesmeerde bak, bedek en laat rys tot dubbel die grootte. Knyp bolle so groot soos hoendereiers af van die deeg en vorm mooi rond. Maak ‘n ronde plat koek in jou handpalm van effens meer as ‘n sentimeter dik. Sit die koeke op ‘n meelbestrooide teedoek, maak weer toe en laat rys weer tot verdubbel. Verhit ‘n swaarboompan tot lekker warm, maar verlaag dan die hitte sodat die koeke nie te vinnig bruin bak nie. Braai die koeke in die droë pan vir ongeveer 8 minute aan ‘n kant tot gaar. Sit ‘n gebraaide salieblaar op elke broodjie. Eet op met botter.

DELICA EN LENSIEKERRIE
‘n Heerlik maklike en goedkoop groentekerrie vir die winter en herfs. Bedien dit op basmatirys en poppadums (wat jy in die mikrogolfoond kan gaarmaak om tyd te bespaar). Vir 4 – 6 mense.

  • 1 gekapte ui
  • 30 ml olyf- of klapperolie
  • 15 ml fyn borrie
  • 5 ml fyn komyn
  • 30 ml gerasperde vars gemmer of 15 ml fyn gemmer
  • 750 g Delicapampoen in blokke gesny – dis nie nodig om te skil nie
  • 1 blik klapperroom van 400 ml
  • 1 blik gekapte tamaties
  • 250 g groen- of bruinlensies, gekook tot net-het sag en gedreineer, maar hou bietjie lensiewater eenkant
  • Sout en peper
  • Vars koljanderblare en suurlemoenwiggies vir afronding

Braai die ui vir ‘n paar minute tot amper sag en voeg dan die speserye by en braai nog ‘n bietjie tot lekker geurig. Voeg die pampoen by en roer deur.
Voeg nou die klapperroom, tamatie en lensies by en prut tot die pampoen sag is. ‘n Bietjie lensiewater kan bygevoeg word om die sous te verdun indien nodig.
Strooi die gekapte koljander bo-oor en bedien met wiggies suurlemoen,rys en poppadums.

Delica pampoen