Domein Doornkraal ontvang gesogte erkenning by die 2025 Suid-Afrikaanse Bewaarpiekel Kampioenskappe

De Rust, Klein Karoo, Wes-Kaap | Augustus 2025

Domein Doornkraal vye nog soetaan te kondig dat hulle by die 2025 Suid-Afrikaanse Bewaarpiekel Kampioenskappe met toekennings in twee kategorieë vereer is,  met die plum jelly wat die beste in sy kategorie verower het. Hierdie kompetisie is ’n toonaangewende platform wat die land se beste tuisgemaakte konfyt, piekels, blatjang en preserve vereer.

Op ’n vyfde-generasie werkende plaas net buite De Rust, word elke produk by Domein Doornkraal met sorg vervaardig in die plaaskombuis langs die Stompdriftdam-pad. In die spoor van haar legendariese ma, Ann le Roux, lei Julia saam met haar toegewyde span vandag die kombuis waar elke konfyt en preserve met sorg gemaak word. Só dra hierdie seisoenale lekkernye die natuurlike ritme van die Klein Karoo, asook generasies van kennis wat oor meer as ’n eeu oorgedra en verfyn is.

“Ons maak nie fênsie konfyt nie,” sê Julia. “Ons bottel die seisoene. Dis eenvoudige, eerlike kos wat die geur van die Klein Karoo dra. Om daarvoor erkenning te kry, is ’n groot eer.”

Domein Doornkraal se bekroonde produkte word vervaardig van vars bestanddele wat óf op die plaas verbou word óf by nabygeleë produsente in die Klein Karoo verkry word. Só verseker hulle dat elke produk nie net plaaslik geanker is nie, maar ook die kenmerkende karakter van die streek uitdra.

Hierdie produkte is eksklusief beskikbaar by die geliefde Doornkraal Padstal op die N12 tussen Oudtshoorn en De Rust. Dikwels beskryf as die “Pink Padstal” ’n poort tot die Klein Karoo, bied die padstal warm, plattelandse gasvryheid en ’n ware smaak van die streek.

Domein Doornkraal is ’n vyfde-generasie familieplaas wat vrylopende Klein Karoo-lam, seisoenale preserve, wyn, unieke perdavonture en kothuis-akkommodasie aanbied. Die Padstal en sy produkte verteenwoordig ’n volsirkel-boerderybenadering waar elke aspek betekenisvol is.

Doornkraal  | Waar vye nog soet is.

Leave a Comment

Scroll to Top